Algemene Ledevergadering gehou op November 2005
Vind aangeheg ‘n notule van hierdie vergadering.
Die volgende bestuurslede is verkies:
| Deon Richter ( Voorsitter) | 015 4914882 | 082 389 6631 |
| Pierre Bester | 082 893 0349 | |
| Auvinus Martens | 082 958 4293 | |
| Christo Steyn | 082 852 2970 | |
| Nico Weenink | 082 856 1911 | |
| Adrian Wreyford (Ondervoorsitter) | 015 2915918/9 | 082 491 3135 |
| Ria Lee (Sekretaresse) | 083 304 7832 |
Andre Bothma het aangedui dat hy nie weer verkiesbaar is nie. Hy is nie alleen ‘n stigterslid van die klub nie maar het ons lank as Voorsitter en Vise Voorsitter gedien. Net so het Nico Weenink ons vir meer as 6 jaar as Voorsitter gedien. Ons sal nog op ‘n gepaste wyse aan hulle erkenning gee.
Die klub se 21ste bestaansjaar viering
Die bestuur het Andre Bothma gevra om ‘n oorsig oor die stigting en eerste jare van die bestaan van die klub op te stel sodat ons nie alles wat in die verlede gebeur het laat verlore gaan nie. Volgens Andre het die klub waarskynlik in 1986/7 ontstaan. Indien dit wel die geval is sal ons die volgende jaar of twee ‘n spesiale 21ste viering moet hou.
2005 Veiling
Ons het ons afslaers gevra vir ‘n analise van die uitkoms van die veiling. Hier volg die opsomming:
VEILING 2005 OPSOMMING:
STANDAARD INLIGTING- Omset van Die Veiling = R634 800
- Omset van Die Stoetveiling = R458 400
- Omset van Die Kommersiële Veiling = R176 400
Hoogste, Laagste en Gemiddelde Pryse per Kategorie:
STOET
Bulle: 10 Aangebied, 10 Verkoop : R9 930 gemiddeld
- Hoogste R13 500
- Laagste R 5 000
Koeie: 20 Aangebied, 20 Verkoop: R8 021 gemiddeld
- Hoogste R15 200
- Laagste R 3 800
Koeie + Kalwers: 16 Aangebied, 16 Verkoop: R9 250 gemiddeld
-
Hoogste R16 500
-
Laagste R 6 500
Dragtige Verse: 1 Aangebied, 1 Verkoop: R6 000 gemiddeld
Oop Verse: 10 Aangebied, 10 Verkoop: R4 890 gemiddeld
- Hoogste R7 200
- Laagste R3 700
NIE GEREGISTREER
Bulle: 1 Aangebied, 1 Verkoop: R7 200
Koeie: 12 Aangebied, 12 Verkoop: R4 983 gemiddeld
-
Hoogste R6 800
-
Laagste R2 800
Koeie + Kalwers: 6 Aangebied, 6 Verkoop: R5 533 gemiddeld
- Hoogste R7 100
- Laagste R5 100
Dragtige Verse: 1 Aangebied, 1 Verkoop: R5 100
Oop Verse: 20 Aangebied, 20 Verkoop: R3 555 gemiddeld
-
Hoogste R5 500
-
Laagste R2 700
Soos julle kan sien het dit goed gegaan met die vroulike diere maar ons het nog nie daarin geslaag om met die verkoop van bulle groot sukses te maak nie.
Opvolging
Die klub wil die volgende pryswenners gelukwens met hulle prestasie, en ook bedank vir hulle getroue ondersteuning.
Hoogste prys Bul : Palmer Estate (Pty) Ltd, Posbus 537, Makopane, 0600Hoogste prys Koei : Kroonvaal 1 Stop, Posbus 1842, Potchefstroom, 2520
Hoogste prys Vers : Limpopo Ngunis. P O Box 422 , Vaalwater, 0530
Meeste diere aangekoop : JF Groenewalt, Posbus 39189, Faerie Glen, 0043
Hoogste omset : RG Keeny, P O Box 94 , Moedwil, 0300.
Ons wil graag ook alle verkopers aanmoedig om met telers te skakel met die oog op goeie kliënte verhoudinge en nasorg.
2006 Veiling
Ons het by ons eerste bestuursvergadering in Januarie begin met die beplanning van vanjaar se veiling. Ons het besluit om dieselfde afslaers ECO Afslaers te gebruik. Ons gaan die kundige advies van vooraanstaande persone in die stoetbedryf invorder waar nodig om ons veiling een van die beste stoetveilings in die land te maak. Die kundige insae van ons lede sal ook waardeer word. Ons misie vir hierdie jaar en ook een van ons grootste probleme is om genoeg kwaliteit diere vir ‘n suksesvolle veiling te bekom. Pierre Bester sal in Mei met lede skakel om ‘n aanduiding van inskrywings te kry. Die veiling sal steeds in Warmbad plaasvind op 3 November 2006 .
Inspeksies
Senior en junior inspekteurs is aangewys en die voorsitter het alle versoeke vir inspeksie wat die genootskap ontvang het aan die aangewese senior inspekteurs deurgegee. Inspeksies sal binnekort ‘n aanvang neem en lede kan verwag dat senior inspekteurs met hulle sal skakel indien dit nie reeds gedoen is nie. Skakel asseblief met Deon Rigter indien daar enige vrae of probleme in hierdie verband is. Andersins skakel met die kantoor.
Nuwe Lede
Ons verwelkom graag die volgende nuwe lede wat oor die laaste 6 maande by ons aangesluit het. Indien u naam nie hier verskyn, laat weet ons asseblief sodat ons dit onmiddelik kan regstel.
Braam Dekker |
Rachidi Molapo |
Elmo Terblanche Familie Trust |
Willem Saayman |
Eddie Green |
Marli Stegmann |
Ray Keeny |
Andre van Dyk |
FT Letsetsa |
Venessa Strydom |
Arie Maartin |
Martin Van Tonder |
Lede Gelde
Lede gelde beloop hierdie jaar R100.00, en ons vra dat diegene wat nog nie betaal het nie, asseblief met die kantoor in verbinding tree, en so gou spoedig betaal.
Member News
We are glad to report that Doug Reed recuperated from a very serious illness. He is once again fully on the go and will carry out his duties as a senior inspector. He recently also indicated that he is fully committed to our club as member and would like to assist in our effort to bring the club to a new level of strategy and operation. Doug is one of the top breeders in the country and his involvement is of great importance in our success.
Angela Lund sold her farm and all her Ngunis. It is difficult to imagine Angela without her Ngunis which she loves so much. We will surely miss her as a fellow and excellent breeder and senior inspector. We wish her all the best for the future.
Christo Smit kry weer intensiewe behandeling en hy en Charl ene gaan dus weer deur ‘n moeilike tyd. Hulle bly nie meer op die Wildsplaas wat Christo bestuur het nie en is nou in Potgietersrus woonagtig. Ons dink aan hulle en bid vir hulle.
Clive Walker het ‘n museum op ‘n wildsplaas in die Waterberg begin wat ook voorsiening maak vir ‘n demonstrasieprojek van Ngunis. Opgrawings daar het getoon dat die Ngunis ‘n belangrike rol gespeel het in die lewe van vroeër inwoners van die gebied. Christo Steyn en Pierre Bester het elk ‘n paar Ngunis geskenk vir die doel. Enige verdere bydraes van veral vroulike diere sal waardeer word.
Nguni Projekte vir Swart Boere
Twee groot projekte is in die pyplyn in ons gebied. Naby Mashashaan tussen Pietersburg en Potgietersrus word ‘n veeteelt projek beplan op grond wat enersyds aan die Katolieke kerk behoort en ook ‘n plaas wat deur die regering aangekoop is en aan ‘n swart stam beskikbaar gestel is. Die plaaslike katolieke kerk tree as projek-koördineerder op. Hulle het die klub genader om die kundige ondersteuning te gee. Daar word beoog om meer as 300 vroulike Ngunis aan te koop. Onderhandelings oor die finansiering is in die finale stadium.
Daar was ook ‘n nuusberig van ‘n Nguni projek wat die Universiteit van Limpopo beoog met die oog op die vestiging van Swart veeboere. Die Provinsiale Departement van Landbou en die Nywerheidsontwikkelings Koöperasie en BMW is betrokke. R7,500,000 se finansiering is beskikbaar om Nguni beeste te koop, fasiliteite te bou ens. Swart boere sal drie tot vyf beeste vir teeldoeleindes kry vir vyf jaar. Elkeen sal dan een kalf vir elke koei en bul in hulle besit voorsien aan die projek.
Inligtingsdag vir nuwe Nguni Telers
Die Hoëveldklub reël ‘n inligtingsdag om nuwe Nguni telers en belangstellendes toe te lig oor onder meer rasstandaarde en hoe ‘n suiwer Nguni moet lyk. Dit vind plaas op 22 April 2006 op die plaas van Herman Nel naby Heidelberg . Belangstellendes kan Naledi Robberts skakel by 082 9255910.
Heelwat gevalle het onder ons aandag gekom van onkundige nuwe telers wat sogenaamde suiwer Ngunis koop teen hoë pryse. Te laat vind hulle dan uit dat dit swak beeste is met in die meeste gevalle net 50% Nguni-bloed of minder. Indien u ‘n nuwe teler is neem asseblief ‘n bekende en ervare teler en / of ‘n inspekteur saam om sodoende groot verdriet en vrugtelose uitgawes te voorkom.
Neem Deel
‘n Bestuurskomitee sal alleen suksesvol wees as lede aktief belangstel in die klub en self ‘n bydrae lewer. Lede moet ‘n bestuur op hul tone hou. Kommunikeer asseblief met ons. Advies sal verwelkom word en kritiek sal verdra word. As u interessante brokkies nuus met ander lede wil deel laat weet ons, en ons sluit dit in ons volgende nuusbrief in.
Advertensies kan op die webwerf geplaas word. Aansoekvorms aangeheg. Werf asseblief nuwe lede waar moontlik.
Klub Webwerf: http://www.amatava.com/club.htm
Klub Epos Adres: nnclub@amatava.com
Klub Kantoor: 015 2915918/9
Klub Fakslyn: 015 2915919

